
Gesondheid doen servikale uitreiking
Loading player...
Die gesondheidministerie voer vandeesweek 'n siftingsveldtog vir servikale kanker in die Kavango-Oos-streek uit. Die veldtog is daarop gemik om vroue aan te moedig om sifting te ondergaan vir die vroeë opsporing en voorkoming van hierdie kanker. Waarnemende streeksgesondheidsdirekteur Sacky Nairenge beklemtoon die belangrikheid van sifting vir vroue se gesondheid.

