Sokker: Bafana Bafana het begin oefen vir dié maand se twee Afrikabeker-kwalifiseerders teen Kenia. Afrigter Pitso Mosimane het gisteraand sy eerste oefening aangebied sonder Mbekezeli Mbokazi, Lyle Foster en Puso Dithejane, wat in Amerika speel, en Relebohile Mofokeng en Sphephelo Sithole, wat vir Europese klubs speel. Hulle sluit vandag by…
Amptenare van reg oor Suider-Afrika het vandag in Swakopmund vergader vir die derde Namibiese Streekwatersimposium. Die driedaagse geleentheid fokus op maniere om waterbronne beter te bestuur, samewerking te versterk en oplossings te vind vir die uitdagings van klimaatsverandering en watertekorte. Die uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Teofelus Nghitila, sê langtermynoplossings…
Mej. Namibië 2026, Charene Labuschagne, se Mej. Heelal-avontuur het amptelik begin. Sy het in Puerto Rico aangekom waar sy aan die 75ste Mej. Heelal-kompetisie gaan deelneem. Die kompetisie vind op 24 November by die José Miguel Agrelot Coliseum in San Juan plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die nasionale direkteur…
Die huismark toon tekens van groei, met huispryse wat in die derde kwartaal vanjaar vinniger gestyg het, hoewel groei in verbandlenings steeds stadig is en minder eiendomme verkoop is. Die jongste FNB-huisprysindeks toon dat huispryse gemiddeld met 8,9 persent op ’n jaargrondslag gestyg het, teenoor 7,4 persent in die vorige…
Die Dangote-brandstofterminaal projek van 41 miljard Namibiese dollar by Walvisbaai het nog nie omgewingsgoedkeuring ontvang nie, ondanks verlede week se sooispit-seremonie wat deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah bygewoon is. Die Presidensie sê haar bywoning het die regering se steun vir die belegging aangedui, en moenie as omgewingsgoedkeuring of ’n vrystelling van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.