GNU vra kalmte met 500 Malawiërs wat na Jhb hervestig is

Loading player...
Die regering doen 'n beroep op kalmte nadat nagenoeg 500 Malawiese burgers tydelik in 'n kerk in Newlands in Johannesburg gehuisves is. Dit volg na hul verskuiwing uit Kaapstad as deel van 'n gekoördineerde vrywillige terugkeerproses wat deur die Malawiese ambassade gereël is. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê die situasie word wettig en menslik behartig en vra die publiek om nie met die proses in te meng nie:
23 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom…
17 Oct 3AM 1 min

KZN staal hulself teen El Niño

Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van…
17 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min