VSA hef verbod op Iran se olieverkope vir 60 dae op

Loading player...
Die Amerikaanse Tesourie het die verbod op die verkoop van Iranse olie vir 60 dae opgehef. Dis een van die voorwaardes in die memorandum van verstandhouding tussen Washington en Teheran. Dit gee tot 21 Augustus toestemming vir die vervaardiging, verkope en lewering van Iranse ruolie en petrochemiese produkte. Iranse olie mag nou na Amerika ingevoer word, maar sluit transaksies uit wat Noord-Korea, Kuba of Russies-besette Oekraïne betref. President Donald Trump van Amerika sê die opheffing van sanksies teen Iran kan uitvoer van Amerikaanse plaasprodukte ʼn hupstoot gee:
23 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min