Ten spyte van alles beskerm Grondwet LGBT-gemeenskap

Loading player...
Reaksie word ontvang oor 'n rits Wes-Afrika-lande wat in die afgelope maande wetgewing daargestel het om selfdegeslagverhoudings te verbied, en wat LGBT-regte verder op die vasteland ondermyn. Van Afrika se 54 lande kriminaliseer slegs ongeveer 20 tans nie selfdegeslagverhoudings nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ethne Mudge, die direkteur van Civic+264 gepraat en sy sê Namibië se Grondwet beskerm burgers teen politieke kriminalisering van selfdegeslagverhoudings.
23 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom…
17 Oct 3AM 1 min

KZN staal hulself teen El Niño

Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van…
17 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min