Eise vir forensiese oudit van Namdia se diamantverkope en -uitvoere

Loading player...
Die Namibia Economic Freedom Fighters het 'n volledige forensiese ondersoek na beweerde onreëlmatighede rondom diamantuitvoere deur Namdia versoek. Dit kom nadat die polisie onlangs 'n diamantbesending van 160 miljoen Namibiese dollar, bestem vir uitvoer, in beslag geneem het. Dit is die tweede voorval in minder as vyf maande waarin Namdia se uitvoere onder die loep geneem is. Adjunk-partypresident Longinus Iipumbu het kommer uitgespreek oor moontlike onderwaardering, verkeerde belastingaanslae en winsverskuiwing.
23 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min