Drie redes vir Starmer se mislukking

Loading player...
Andy Burnham is Maandag ingesweer as die parlementslid vir Makerfield net ure nadat Britse eerste minister Sir Keir Starmer sy bedanking as leier van die Arbeidersparty aangekondig het. Burnham het bevestig hy sal staan om die eerste minister te vervang, met die steun van 'n potensiële teenstander, voormalige gesondheidminister Wes Streeting. Streeting het in Mei uit Starmer se regering bedank. Starmer het gesê benoemings vir 'n leierskapkompetisie sal op 9 Julie open. Baronnes Harriet Harman, adjunk-Arbeidersleier van 2007 tot 2025, het aan Sky News gesê daar is drie redes hoekom Starmer misluk het.
22 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min