Koalisie wil NYC algemene vergadering voortsit

Loading player...
Die Algemene Vergadering van die Nasionale Jeugraad van Namibië, wat in gewelddadige chaos verval het en wat 'n onbepaalde uitstel van die verrigtinge afgedwing het, bly in die nuus. Minister Sanet Steenkamp het ingegryp om die verkiesings vir die uitvoerende voorsitter en raadsposisies te stop. In reaksie hierop het 'n koalisie wat voorsitterskandidaat Simon Taapopi ondersteun, die sluiting sterk veroordeel en die ministerie se ingryping 'n onregverdige en eensydige ontwrigting van 'n wettige demokratiese proses genoem . Die groep eis nou 'n volledige deursigtige ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met Luciano Kambala, die woordvoerder van die Jeugraad, gepraat.
22 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vennootskap met MSC-plesierbote skep werk vir jong Namibiërs

Die Namibiese Beleggingsbevorderings- en Ontwikkelingsraad het weer met MSC Cruises saamgewerk om internasionale werksgeleenthede vir jong Namibiërs te skep. Sedert die vennootskap middel-2023 begin het, is meer as 8 400 aansoeke ontvang, wat tot 42 werksaanbiedinge gelei het, waarvan 25 Namibiërs poste aan boord van MSC-plesierbote aanvaar het. Catherine Shipushu,…
17 Oct 4AM 1 min

Zelensky 'n 'sirkusmeester', sê Trump

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne het ʼn Amerikaanse ooreenkoms om diesel van Rusland te koop, veroordeel en sê dit dra finansieel by tot die Kremlin se oorlogspoging. Hy het by ʼn Europese Unie-beraad in Brussel gesê president Vladimir Putin van Rusland stel nie regtig in vredesonderhandelinge belang nie. Zelensky verwelkom…
17 Oct 3AM 1 min

KZN staal hulself teen El Niño

Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word gewaarsku om voor te berei op moontlike hittegolwe, droogte en watertekorte wat met El Niño verband hou. Ondergemiddelde reënval en abnormaal hoë temperature word van vandeesmaand tot Desember verwag, terwyl droë toestande moontlik tot in Maart volgende jaar kan voortduur. Die woordvoerder van die departement van…
17 Oct 2AM 1 min

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min