Sundowns behaal naelskraapse oorwinning in eerste deel van CAF-kampioeneliga se eindstryd

Loading player...
Mamelodi Sundowns het Marokko se AS FAR in die eerste deel van die CAF-kampioeneliga se eindstryd op Loftus Versfeld met 1-0 geklop. Aubrey Modiba se vryskop het The Brazilians ʼn effense voorsprong gegee voor die tweede deel Sondag in Rabat, Marokko, plaasvind. Sundowns het die CAF-kampioeneliga laas in 2016 gewen toe hulle die Egiptiese span, Zamalek, in totaal met 3-1 verslaan het om hul heel eerste vasteland-titel op te raap. Sundowns-afrigter Miguel Cardoso erken hulle moes meer doele aangeteken het:
18 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min