Mogotsi sal vandag onskuldig pleit

Loading player...
Die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi se prokureur, Makau Sekgatja, sê sy kliënt is emosioneel ontsteld na sy inhegtenisneming. Mogotsi sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van regsverydeling na aanleiding van bewerings verlede November dat hy 'n sluipmoordpoging in Vosloorus opgemaak het. Die vuurwapen wat gebruik is, word verbind met moord- en poging tot moordsake. Sekgatja het aan SABC News gesê Mogotsi gaan onskuldig pleit:
18 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min