Sinner word tweede man ooit om die “Loopbaan Goue Meesters” te voltooi

Loading player...
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die “Loopbaan Goue Meesters” voltooi toe hy die Italiaanse Ope gewen het – ʼn rekord van ses agtereenvolgende Meesters-titels. Die 24-jarige Sinner het Casper Ruud van Noorweë geklop om die eerste Italiaanse kampioen in 50 jaar te word. Hy het boonop by Novak Djokovic aangesluit toe hy die volledige stel van nege ATP Meesters 1 000-titels ingepalm het. Djokovic het dié prestasie in 2018 behaal toe hy in Cincinnati gewen het. Sinner sê dis spesiaal om in sy eie land te wen:
18 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min