Maile bekommerd omdat munisipaliteite staatskole te veel vra

Loading player...
Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, sê dis kommerwekkend dat munisipaliteite toenemend beskuldig word dat hulle staatskole te veel vra deur verkeerd berekende rekeningstate, verhoogde tariewe, historiese skuldoordrag en onwettige heffings op rekeningstate. Gautengse skole het in Maart 2026 583,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand se munisipale skuld ouer as 60 dae gehad. Maile sê munisipaliteite wat staatskole te veel vra, lei tot massiewe munisipale skuld, dreigemente om elektrisiteit en water af te sny en ontwrigting van onderrig en leer:
18 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël

Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings…
19 Oct 1AM 1 min

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min