
Sokker: Manchester City vat FA-beker huis toe
Loading player...
Manchester City het Chelsea met 1-0 op Wembley geklop om die FA-beker. Dit is die span se agtste FA-beker-titel en hulle afrigter Pep Guardiola se derde een in die kompetisie. Antoine Semenyo het die wendoel aangeteken met 'n uitstekende hakskop na 'n kruis-aangee deur Erling Haaland. Chelsea het toe alles uitgehaal om die telling gelyk te maak, met Moises Caicedo en Enzo Fernandez wat sonder enige welslae probeer het. Guardiola wat sy 20ste groot trofee as afrigter vier, het die span geprys:

