Die Globale Dialoog oor KI-bestuur is tans in Genève in Switserland aan die gang. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres is teenwoordig en sê sy boodskap is duidelik: die toekoms van KI moet gevorm word deur menslike toesig en doeltreffende bestuur sodat die tegnologie billik en tot die voordeel van…
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê 'n derde verdagte het haarself by die Edenvale-polisiestasie oorgegee in verband met die beweerde diefstal van edelstene ter waarde van bykans 15-miljoen Suid-Afrikaanse rand by 'n perseel in Killarney, Johannesburg. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Die direktoraat-woordvoerder, Lizzy Suping, sê…
Agribank, in samewerking met Nust, nooi boere, studente en die publiek uit na 'n reeks gratis lesings wat vandeesweek in Windhoek plaasvind. Hanks Saisai, Agribank se tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee, gee meer inligting oor die datums en waaroor die lesings handel.
'n Mylpaaluitspraak in 'n Suid-Afrikaanse hof kan die debat oor wettige handel in renosterhorings in Namibië weer aanwakker. Die hof in Kimberley het 'n appèl van die Noord-Kaapse regering van die hand gewys, wat die weg baan vir uitvoerpermitte vir eties geoeste horings van witrenosters wat in gevangenskap geteel is,…
Die regering se besluit om Starlink te verwerp het baie Namibiërs gefrustreerd gelaat, veral diegene wat in afgeleë gebiede woon, maar die land het nou nog 'n speler in die satellietinternetmark verwelkom. Kosmos 94.1 Nuus het met tegnologiekenner Nrupesh Soni gepraat, wat sê met die amptelike bekendstelling van OneWeb, sal…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.