
Kaapstad spook met duisende stormverwante diensversoeke
Loading player...
Die elektrisiteitspanne van die Stad Kaapstad het reeds op meer as 10 700 stormverwante diensversoeke reageer met meer as 16 000 wat regoor die metro aangemeld is. Die stad sê hulpbronne is herlei na die gebiede wat die ergste geraak is en vra inwoners om nie duplikaatversoeke in te dien nie aangesien dit reaksietye vertraag. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, het die publiek gewaarsku om weg te bly van beskadigde elektriese infrastruktuur en om enige gevaarlike situasies onmiddellik aan te meld:

