Kaapstad spook met duisende stormverwante diensversoeke

Loading player...
Die elektrisiteitspanne van die Stad Kaapstad het reeds op meer as 10 700 stormverwante diensversoeke reageer met meer as 16 000 wat regoor die metro aangemeld is. Die stad sê hulpbronne is herlei na die gebiede wat die ergste geraak is en vra inwoners om nie duplikaatversoeke in te dien nie aangesien dit reaksietye vertraag. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, het die publiek gewaarsku om weg te bly van beskadigde elektriese infrastruktuur en om enige gevaarlike situasies onmiddellik aan te meld:
16 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mauritius-hotelle bly vol ten spyte van betogings en aandklokreël

Die internasionale geopolitieke situasie beïnvloed die komende kersseisoen in verskeie dele van die wêreld. Volgens Jean Michel de Senneville, ‘n oud-diplomaat van Mauritius, lyk die besprekings vir bestemmings op Mauritius vir die komende kersseisoen redelik goed. Die regering het onlangs in dele van die eiland ‘n aandklokreël ingestel nadat betogings…
19 Oct 1AM 1 min

Dobbelraad waarsku teen dobbel met studietoelaes

Die SA Nasionale Dobbelraad waarsku studente gebruik hul Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente-toelaes om aanlyn te dobbel. Die waarnemende uitvoerende hoof, Lungile Dukwana, het op die bekendstelling van die Handves vir Verantwoordelike Dobbelary by Sun International gesê kwesbare groepe dobbel met geld vir noodsaaklike uitgawes soos kos, huur en studies…
19 Oct 1AM 1 min

Drikus sien uit na laaste skof van Rhino Run-fietswedren

Dis ’n nuwe week, en ook die laaste skof van die 2026 Rhino Run-fietswedren van Windhoek na Graaff-Reinet in Suid-Afrika. Namibië se Drikus Coetzee is steeds in die eerste plek en sê hy sien daarna uit om die wedren vandag te voltooi.
19 Oct 1AM 1 min