
Duidelikheid oor registrasie van laai-installasies vir EV's
Loading player...
Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat Stad Windhoek aangekondig het dat die registrasie van laai-installasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is om doeltreffende lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van die voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die kapasiteit van 'n standaard huishoudelike kragpunt van meer as 3,7 kilowatt oorskry, moet deur 'n geregistreerde elektriese kontrakteur geregistreer word. Volgens Jens Denk van Electric Vehicles Namibia sluit dit nie EV-eienaars in wat die opsie het om hulle elektriese voertuie by hulle huis-aanleg te laai nie. Hy verduidelik die kwessie in meer besonderhede.

