
Stad Windhoek vra vir titelaktes
Loading player...
Stad Windhoek vra alle eiendomseienaars binne sy uitgebreide munisipale grense om hul titelaktes by die afdeling eiendomsbelasting en -tariewe in te dien. Dit is nodig om die munisipale faktureringstelsel vir eiendomme wat geraak word deur die grensuitbreidings wat op 1 Augustus 2018 in werking getree het, op te dateer. Dit sluit in Finkenstein Estate, Sungate, Regenstein, Omeya en die Brakwater-gebied, saam met verskeie ander gespesifiseerde plase en industriële parke. Kosmos 94.1 Nuus het met Stad Windhoek se woordvoerder, Harold Akwenye gepraat.

