
Solidariteit skep padkaart vir rasvrye SA
Loading player...
Die vakbond Solidariteit het 'n nuwe padkaart bekendgestel wat teen 2030 'n rasvrye Suid-Afrika bepleit. Hulle stel voor rasgebaseerde wetgewing moet geleidelik uitgefaseer word en vervang word met beleide wat fokus op armoede, jeugwerkloosheid, vaardigheidsontwikkeling en ekonomiese groei. Corne Mulder van Solidariteit sê die huidige rassewette kon nie werkloosheid en ongelykheid aanspreek nie. Mulder voer aan bemagtiging moet gegrond wees op sosio-ekonomiese behoefte eerder as op ras:

