
NaCC se Ultimate Safaris-ondersoek duur voort ten spyte van kritiek
Loading player...
Die Namibiese Mededingingskommissie sê sy ondersoek na beweerde anti-mededingende gedrag deur Ultimate Safaris en drie Kunene-bewaringsgebiede sal voortgaan, ten spyte van kritiek van toerisme-operateurs en natuurbewaarders. Kritici, insluitend dr. Chris Brown, voer aan dat die kommissie eerder Namibia Wildlife Resorts se oorheersing in nasionale parke en die Sossusvlei-pendeldiens moet ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die komissie se woordvoerder Dina //Gowases gepraat.

