
Toergids vaar uit teen lynministerie, toerismeraad na Sossus-chaos
Loading player...
Toergidse is steeds die herrie in vir die regering oor die Sossusvlei-konsessie. Die afgelope naweek het die ministerie gesê Dooievlei is oop vir almal. In die formele kennisgewing het dit gelees dat dit oop is vir Namibiese toergidse wat by die toerismeraad geregistreer is. Kosmos 94.1 Nuus het met toergids Joseph Kafunda gepraat wat sy ontevredenheid oor die kennisgewing uitspreek. Toergidse registreer nie, eerder toeroperateurs.

