
Taxi- en buspryse styg met 15% vanaf 18 Mei
Loading player...
Taxi- en buspryse sal met 15 persent styg vanaf 18 Mei, na goedkeuring deur die vervoerministerie en die Padvervoerraad van Namibië. Dit beteken dat die taxitarief landwyd van 13 Namibiese dollar tot 15-dollar sal styg. Vervoerminister Veikko Nekundi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verhoging kom na volgehoue brandstofprysstygings, stygende voertuigonderhoudskoste en versoeke van vervoeroperateurs.

