Gaan na, jy kan onwetend op baie geld sit

Loading player...
Meer as 2 200 Namibiërs sit na bewering met onopgeëiste pensioen- en voorsorgfondsvoordele ter waarde van enigiets van 'n paar honderd tot meer as 100 000 Namibiese dollar. Verbruikerskenner Milton Louw dring daarop aan dat mense moet kyk of hulle of hul familielede op die lys is. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat miljoene dollar meer ook in die Voogdyskapfonds onder die Meester van die Hooggeregshof gehou word.
7 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Joburg sloop 23 onwetigge strukture in middestad

Die burgemeesterskomiteelid vir groepkorporatiewe- en gedeelde dienste by die Stad Johannesburg, Sithembiso Zungu, sê onwettige handel bly 'n groot uitdaging in die middestad. Sy kommentaar volg ná die sloping van 23 onwettige strukture in Smallstraat tydens die stad se "Herwin die Stad"-veldtog. Hy het in 'n onderhoud met SABC News…
16 May 6AM 1 min

NHE, MTC vat hande vir huise met IT

MTC en die Nasionale Behuisingsonderneming het 'n vyfjaarooreenkoms onderteken om nuwe behuisingsontwikkelings te bou met vesel- en ander telekommunikasie-infrastruktuur wat reeds tydens konstruksie ingesluit is. Dit beteken internetkabels en verwante infrastruktuur kan gelê word terwyl paaie en ander siviele werke gedoen word, wat koste verminder en die uitrol van hoëspoed-internetdienste…
16 May 5AM 1 min

Kaapstad spook met duisende stormverwante diensversoeke

Die elektrisiteitspanne van die Stad Kaapstad het reeds op meer as 10 700 stormverwante diensversoeke reageer met meer as 16 000 wat regoor die metro aangemeld is. Die stad sê hulpbronne is herlei na die gebiede wat die ergste geraak is en vra inwoners om nie duplikaatversoeke in te dien…
16 May 4AM 1 min

Duidelikheid oor registrasie van laai-installasies vir EV's

Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat Stad Windhoek aangekondig het dat die registrasie van laai-installasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is om doeltreffende lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van die voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die kapasiteit van 'n standaard huishoudelike kragpunt van meer…
16 May 3AM 1 min

Sokker: Banyana se fokus vlymskerp

Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê die span bly gefokus op kwalifisering vir die 2027 FIFA Vrouewêreldbeker in Brasilië. Ter voorbereiding vir die Afrikabeker-toernooi vir Vroue in Marokko vanaf 25 Julie tot 16 Augustus, speel hulle teen die Ivoorkus, Burkina Faso en Tanzanië in Groep B. Sy het…
16 May 2AM 1 min