VSA praat van vrede maar skietery duur voort

Loading player...
Ten spyte van berigte dat Iran besig is om 'n nuwe Amerikaanse vredesvoorstel te hersien, het die Amerikaanse weermag Woensdagaand gesê dit het op 'n leë Iranse olietenkskip in die Golf van Oman gevuur en dit lamgelê. Amerikaanse president Donald Trump het ook op sosiale media gesê dat aanvalle op Iran hervat sal word as daar nie 'n ooreenkoms bereik word nie. Sky News se Mark Stone sê dis 'n deurmekaarspul en Trump probeer vinnig daaruit kom en 'n oorwinning verklaar.
6 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Joburg sloop 23 onwetigge strukture in middestad

Die burgemeesterskomiteelid vir groepkorporatiewe- en gedeelde dienste by die Stad Johannesburg, Sithembiso Zungu, sê onwettige handel bly 'n groot uitdaging in die middestad. Sy kommentaar volg ná die sloping van 23 onwettige strukture in Smallstraat tydens die stad se "Herwin die Stad"-veldtog. Hy het in 'n onderhoud met SABC News…
16 May 6AM 1 min

NHE, MTC vat hande vir huise met IT

MTC en die Nasionale Behuisingsonderneming het 'n vyfjaarooreenkoms onderteken om nuwe behuisingsontwikkelings te bou met vesel- en ander telekommunikasie-infrastruktuur wat reeds tydens konstruksie ingesluit is. Dit beteken internetkabels en verwante infrastruktuur kan gelê word terwyl paaie en ander siviele werke gedoen word, wat koste verminder en die uitrol van hoëspoed-internetdienste…
16 May 5AM 1 min

Kaapstad spook met duisende stormverwante diensversoeke

Die elektrisiteitspanne van die Stad Kaapstad het reeds op meer as 10 700 stormverwante diensversoeke reageer met meer as 16 000 wat regoor die metro aangemeld is. Die stad sê hulpbronne is herlei na die gebiede wat die ergste geraak is en vra inwoners om nie duplikaatversoeke in te dien…
16 May 4AM 1 min

Duidelikheid oor registrasie van laai-installasies vir EV's

Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig dat Stad Windhoek aangekondig het dat die registrasie van laai-installasies vir elektriese voertuie nou verpligtend is om doeltreffende lasbestuur te ondersteun en die kwaliteit van die voorsiening te handhaaf. Enige laaipunt vir elektriese voertuie wat die kapasiteit van 'n standaard huishoudelike kragpunt van meer…
16 May 3AM 1 min

Sokker: Banyana se fokus vlymskerp

Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis, sê die span bly gefokus op kwalifisering vir die 2027 FIFA Vrouewêreldbeker in Brasilië. Ter voorbereiding vir die Afrikabeker-toernooi vir Vroue in Marokko vanaf 25 Julie tot 16 Augustus, speel hulle teen die Ivoorkus, Burkina Faso en Tanzanië in Groep B. Sy het…
16 May 2AM 1 min