
Onderwysers 'moet vakbonde blameer vir 5% salarisverhoging'
Loading player...
Onderwysers reg oor die land is ongelukkig oor die salarisverhoging van 5 persent vir vanjaar tot 2028, wat deur die Namibiese Nasionale Onderwysersunie en die regering onderhandel is. Die verhoging word 'n bedrogspul genoem wat nie by inflasie of stygende lewenskoste pas nie. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Marius Kudumo gepraat wat sê onderwysers moet vakbondleiers blameer vir hul swak onderhandelingsvaardighede.

