
Polisie lê beslag op R13 miljoen se kokaïen in Durban-hawe
Loading player...
Die KwaZulu-Natalse polisie het in die Durbanse hawe beslag gelê op kokaïen van sowat 13-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Woordvoerder Robert Netshiunda sê na die beslaglegging op dwelms in Gauteng verlede maand het inligting daarop gedui dat die dwelms Suid-Afrika deur die hawe binnekom. Hy sê intelligensiedienste is geaktiveer en sekere vaartuie is geteiken:

