Rehoboth belê N$70m in voorafbetaalde watermeters

Loading player...
Die Rehoboth-dorpsraad het minstens 70 miljoen Namibiese dollar opsy gesit om konvensionele water- en elektrisiteitsmeters met voorafbetaalde meters te vervang, 'n stap wat daarop gemik is om inkomste-invordering te verbeter en toekomstige agterstallige skuld te voorkom. Die ontwikkeling kom terwyl die dorp 150 miljoen dollar aan NamWater skuld. Rehoboth-burgemeester Jackie Khariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
13 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mariental munisipale werkers eis salarisverhoging

Werknemers van die Mariental munisipaliteit het betoog vir beter vergoeding. Die werkers eis 'n salarisverhoging van 3 persent. Die groep voel dat werknemers van die plaaslike owerheid uitgesluit is van salarisaanpassings nadat die regering staatsamptenare se salarisse verhoog het. Groepwoordvoerder James Kanu:
13 Mar 8AM 1 min

DA juig oor onderskepping van Chinese vissersbote

Die DA het die onderskepping van vier Chinese vissersvaartuie vir ongemagtigde toegang tot Suid-Afrika se territoriale waters verwelkom. Die vaartuie is binne 12 seemyl van die KwaZulu-Natalse kus, en later langs die Oos-Kaapse kuslyn, opgespoor. Na die onderskepping is die kapteins van die vaartuie 'n administratiewe boete van 400 000…
13 Mar 4AM 1 min

NamRA op spoor van myn- en eksplorasietransaksies

Eienaars van eksplorasie- en mynlisensies word aangemoedig om transaksies waarin aandele of belange daarin verkoop is, by die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa, te verklaar tydens die belastingamnestietydperk tot 31 Oktober vanjaar. Die kommissie gaan meer navorsing in die bedryf doen om data te bekom oor myn- en eksplorasielisensies. Kosmos 94.1 Nuus…
13 Mar 6AM 1 min

Staat se mediese fonds ál duurder in SA

Die Vereniging van Staatsamptenare het sy teenkanting herhaal teen die mediese fonds vir staatsamptenare, GEMS, se verhoging van 9,5 persent in lede se bydraes. GEMS sê hy kan nie die verhoging onder 9,5 persent hou nie omdat dit die Wet op Mediese Skemas se minimum solvensie-vereiste van 25 persent in…
13 Mar 5AM 1 min

Afrika-regerings moet hulle staal teen olieprys

Stygende oliepryse weens die konflik in die Midde-Ooste hou verreikende gevolge vir Afrika in, waarsku kenners. Sedert Amerika en Israel twee weke gelede aangeval het, het die prys van Brent-ruolie reeds met sowat 60 persent gestyg. Ontleders meen olie sal in die afsienbare toekoms op die vlak van 100 Amerikaanse…
13 Mar 5AM 1 min