SA lugrederye verhoog kaartjiepryse oor duur brandstof

Loading player...
Suid-Afrikaanse lugrederye het kaartjiepryse verhoog nadat stralerbrandstofkoste, wat deur die konflik in Iran gedryf word, met 70-persent gestyg het. FlySafair het 'n tydelike brandstofheffing ingestel vir vlugte wat tussen vandag en 12 Mei bespreek word, terwyl Airlink tariewe aangepas het sonder om 'n heffing op bestaande kaartjies te voeg. Kirby Gordon van FlySafair sê daar is geen onmiddellike bedreiging vir die plaaslike brandstofvoorraad nie, maar waarsku oor moontlike skeduleveranderinge as die krisis ná April voortduur:
12 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Artemis II maak reg vir 40 minute se tjoepstilte

Artemis-ruimtevaarders maak vandag opnuut geskiedenis wanneer hulle vir 40 minute stoksielalleen op hul maanreis gaan wees. Ondanks konstante kontak met sendingbeheer in Houston, sal dié verbinding tydelik verbreek word wanneer die ruimtetuig agter die Maan verbybeweeg. Die presiese tyd moet nog deur Houston bevestig word, maar behoort omstreeks twee-uur Namibiese…
6 Apr 2AM 1 min

Zambezi-inwoners kort dringend hulp met voedsel

Die minister van landelike en stedelike sake, James Sankwasa, doen 'n beroep op inwoners van die Zambezi-streek om die regering te help met die verspreiding van voedsel vir vloedgeteisterde gesinne. Die streek staar 'n ernstige vloedkrisis in die gesig as gevolg van die Zambezi-rivier se watervlak wat meer as verdubbel…
6 Apr 1AM 1 min

Ramaphosa moet sê oor sloering met regters

Judges Matter het president Cyril Ramaphosa weer gevra om te verduidelik waarom die aanstelling van twee regters in die Konstitusionele Hof steeds sloer. Die navorsings- en voorspraakbeampte, Mbekezeli Benjamin, sê geen aanstellings is nog gedoen byna ses maande nadat die Regterlike Dienskommissie vyf name voorgelê het nie. Hy het aan…
6 Apr 12AM 1 min

Krieket: 2027 Wêreldbeker kan miljoene in Namibië impomp

‘n Ontleding deur Vision Africa toon dat die onder-19 Mans Krieket Wêreldbeker wat in Januarie en Februarie in die hoofstad plaasgevind het ‘n totale ekonomiese impak van 380,77 miljoen Namibiese dollar gehad het. Die verwagting is dat die Krieketwêreldbeker wat geskeduleer is om in Oktober en November 2027 in Suid-Afrika,…
5 Apr 6AM 1 min

Ontwikkeling gedy op Aranos

Die gemeenskap in Aranos is opgewonde oor die nuwe ontwikkeling wat na die dorp kom. Van die baanbrekerswerk vir 'n splinternuwe sportfasiliteit tot die laaste dele van die N$1,2 miljard Gobabis-Aranos-pad, ondergaan die dorp 'n massiewe strukturele transformasie wat gemik is op werkskepping en streeksgroei. Kosmos 94.1 Nuus het met…
5 Apr 5AM 1 min