
SA se onteieningswet in lyn met internasionale bleggingspraktyke
Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hoewel Suid-Afrika se beleid spesifieke kenmerke het om geskiedkundige ongeregtigheid teen te werk, is dit in ooreenstemming met internasionale beleggingspraktyke. Die die Amerikaanse president, Donald Trump, het die regering versoek om onder meer die Onteieningswet en die beleid vir swart ekonomiese bemagtiging, te heroorweeg. Lamola sê die Onteieningswet is nie bedoel om eiendomsregte te ondermyn nie:

