VN Veiligheidsraad aanvaar resolusie wat sê Iran moet Golf-aanvalle staak

Loading player...
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het eenparig ’n resolusie aanvaar om ’n einde te maak aan Iran se aanvalle op sy buurlande in die Golf. Dit veroordeel Iran se onlangse missiel- en hommeltuigaanvalle op Bahrein, Koeweit, Oman, Katar, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate en Jordanië. Bahrein se VN-ambassadeur, Jamal Alrowaiei, sê die internasionale gemeenskap verwerp Iran se aanvalle op soewereine lande in ’n streek van strategiese belang vir die wêreldekonomie:
12 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hidrologiese Diens waarsku oor Zambezi-vloedvlaktes

Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die watervlak van die Zambezi-rivier 6,8 meter bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het met Alfeus Moses van die Namibiese Hidrologiese Diens, wat reeds ‘n vloedwaarskuwing uitgestuur het, gepraat.
12 Mar 6AM 1 min

SA se onteieningswet in lyn met internasionale bleggingspraktyke

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hoewel Suid-Afrika se beleid spesifieke kenmerke het om geskiedkundige ongeregtigheid teen te werk, is dit in ooreenstemming met internasionale beleggingspraktyke. Die die Amerikaanse president, Donald Trump, het die regering versoek om onder meer die Onteieningswet en die beleid vir swart…
12 Mar 6AM 1 min

KI veroorsaak gekeuetekort, en dis nuwe pandemie

'n Nuwe "pandemie" is aan die kom, of is klaar hier. En nee, dit is nie nog 'n Covid-variant nie, dis kunsmatige intelligensie. KI gebruik uiters hoë volumes geheue om te funksioneer wat beteken daar is minder oor vir besighede en verbruikers die wêreld vol. Kosmos 94.1 Nuus het met…
12 Mar 6AM 1 min

Februarie-inflasie op 2,4%, Khomas ervaar 3,5%

Volgens data van die Namibiese Statistieke-agentskap het die jaarlikse inflasie gedurende Februarie tot 2,4 persent verlangsaam, af van 3,6 persent 'n jaar gelede, en 2,9 persent in Januarie. Woordvoerder van die agentskap, Mirjam Shihepo het meer oor die sonale inflasie. Khomas het duurste betaal.
12 Mar 6AM 1 min