
SAPD keer meer as 16 000 verdagtes in een week aan
Loading player...
Die polisie het meer as 16 000 verdagtes landwyd in hegtenis geneem tydens 'n weeklange misdaadbestrydings-veldtog wat Sondag geëindig het. Die meeste inhegtenisnemings was in Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Woordvoerder Vincent Mukhathi sê 2 600 gesoekte misdadigers is aangekeer vir moord, poging tot moord, verkragting, die onwettige besit van vuurwapens, aanranding en roof. Hy sê 313 word van dwelmhandel verdink:

