Trump sê oorlog binnekort verby

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hulle het goeie vordering gemaak in die oorlog teen Iran en dat hulle militêre optrede in Teheran binnekort kan eindig. Amerika se weermag het meer as 5 000 teikens getref sedert die konflik begin het, terwyl Iran wraakaanvalle op Israelse en Amerikaanse basisse in die Midde-Ooste uitgevoer het. Die dodetal in Teheran staan op 1 332. Trump sê Amerika het tot dusver nog nie die belangrikste teikens in Iran aangeval nie:
10 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Twee in Soweto vas ná gruvonds

Twee mans is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes 'n gekaapte voertuig en vermoedelike menslike organe by 'n woning in Naledi, Soweto, ontdek het. Die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla, sê die taktiese reaksie-eenheid het 'n wenk opgevolg oor 'n voertuig wat by die eiendom afgetakel word. Hy het…
11 Jul 6AM 1 min

Namfisa, dorpsrade dop regstellende-aksietoets

Groot werkgewers soos Namfisa, die Oshakati- en Outapi-dorpsrade, NovaNam Group, City Lodge Hotels, Nutam Operations en AB InBev Namibia se regstellende-aksieverslae is deur die Diensbillikheidskommissie na onlangse hersieningspaneelverhore afgekeur, nadat bemiddeling onsuksesvol was. Die kommissie sê die verslae het onder meer nie voldoen aan vereistes oor die aanstelling van gekwalifiseerde…
11 Jul 5AM 1 min

Zimbabwies-Britse moordverdagte in SA vasgetrek

Interpol en die Eenheid vir Georganiseerde Misdaad het 'n Zimbabwies-Britse burger, Mkhanyisi Tshuma, in hegtenis geneem. Hy word deur die Britse owerhede gesoek vir die beweerde moord van sy vrou en twee dogters. Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die 45-jarige is opgespoor na 'n Interpol-rooi kennisgewing en hy is vyf…
11 Jul 4AM 1 min

Nog baie om te doen om korrupsie te beveg

Vandag is Afrika Teenkorrupsiedag, met vanjaar se tema: “Die Verskerping van die Bevordering van Integriteit en Teenkorrupsie-aksies reg oor Afrika”. 'n Sleutelfokus is die versterking van beskerming en ondersteuning vir integriteitsvegters, fluitjieblasers en teenkorrupsie-aktiviste. Frederico Links van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië steeds…
11 Jul 3AM 1 min

Skenk bloed, daar's 'n ernstige tekort!

Die Bloedoortappingsdiens sê die land se mediese stelsel staar 'n ernstige voorraadtekort in die gesig. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino waarsku dat mediese prosedures en noodtrauma-reaksies in die gedrang kan kom as voorraad nie onmiddellik aangevul word nie. Sy pleit dat mense vandag nog bloed skenk by verskeie klinieke.
11 Jul 2AM 1 min