Iran: Draai solank jou sente om

Loading player...
Namibië kan binnekort stygende brandstofkoste in die gesig staar, met internasionale oliepryse wat al meer as 100 Amerikaanse dollar per vat beloop. Die situasie word vererger deur verwagte brandstofprysstygings in Suid-Afrika volgende maand. Aangesien Namibië swaar op invoere van die buurland staatmaak, kan die verhogings voedselpryse opstoot, landbou onder druk plaas en verbruikers se koopkrag verswak. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat oor die moontlike gevolge daarvan vir landbou.
10 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groenwaterstof-lokomotiewe kom later

CMB.TECH Namibia beplan om Namibië se groot vloot stilstaande lokomotiewe met groenwaterstof op te gradeer. Die maatskappy se hooftegnologiebeampte, Roy Campe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle met die omskakeling van 'n operasionele lokomotief wil wys hoe waterstof in vragspoor geïntegreer kan word sonder nuwe materiaal of groot…
10 Mar 2AM 1 min

Kaapse owerhede reik 65 000 boetes in een week uit

Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het hul hoogste weeklikse arrestasies tot dusver vanjaar aangeteken. Altesaam 446 mense is in hegtenis geneem en meer as 65 000 boetes uitgereik. Wetstoepassingsbeamptes het op 'n AK-47 in Gugulethu beslag gelê, terwyl metropolisie op vyf vuurwapens, dwelms en ammunisie beslag gelê het. Die Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid…
10 Mar 2AM 1 min

Trump sê oorlog binnekort verby

President Donald Trump van Amerika sê hulle het goeie vordering gemaak in die oorlog teen Iran en dat hulle militêre optrede in Teheran binnekort kan eindig. Amerika se weermag het meer as 5 000 teikens getref sedert die konflik begin het, terwyl Iran wraakaanvalle op Israelse en Amerikaanse basisse in…
10 Mar 1AM 1 min

SA en Brasilië moet nouer saamwerk

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Brasilië deel ’n verbintenis tot gelykheid, ekonomiese groei en die uitwissing van armoede. Hy het gister met ’n tweedaagse staatsbesoek in dié land begin om bilaterale betrekkinge te versterk. Ramaphosa sê die gedeelde waardes tussen Suid-Afrika en Brasilië bied ’n sterk basis om praktiese,…
10 Mar 1AM 1 min

Daar’s nog nie dreigende brandstoftekorte nie

Namibiërs vrees die land sal 'n tekort aan brandstof ondervind weens die oorlog van Israel en Amerika teen Iran. Kosmos 94.1 Nuus het met die energieministerie gepraat wat die versekering gee dat ander markte ondersoek sal word maar dat reserwes sterk staan, ongeveer drie maande. Namcor het ook bevestig dat…
10 Mar 1AM 1 min