Die dag wat was, 9 Maart 2026

Loading player...
Kry die nuus soos dit breek.
9 Mar 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner sê te veel klem word op matriekslaagsyfers geplaas

'n Navorser aan die Universiteit Stellenbosch, Rebecca Selkirk, sê die herhaling van grade 10 en 11 help nie altyd leerders nie. Haar studie in die Wes-Kaap het bevind die herhaling van graad 11 het beter matriekuitslae getoon, maar die uitwerking het in 2020 swakker geword toe minder leerders die graad…
9 Mar 11PM 1 min

Iran sê hy kan nog lank die oorlog onderhou

Iran kan nog lank met die oorlog aangaan en sien geen moontlikheid van diplomasie om die konflik te beëindig nie, sê Kamal Kharazi, buitelandse beleidsadviseur aan die kantoor van die opperleier. CNN se Frederik Pleitgen het ekslusief met Kharazi in Teheran gepraat. Pleitgen het aangehaal dat Amerika sê dit het…
9 Mar 11PM 1 min

Zambezi-rivier oorstroom walle, inwoners trek na hoër dele

Inwoners van die Zambezi-streek word gewaarsku teen dreigende oorstromings aangesien die watervlak van die Zambezi-rivier 6,3 meter bereik het. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Dorothy Kabula gesels wat sê die situasie is baie erger as verlede jaar met die rivier wat sy oewers oorstroom. Sy sê inwoners het begin…
9 Mar 11AM 1 min

Engelse Rugbyunie staan steeds by afrigter Borthwick

Rugby: Die Engelse Rugbyunie skaar hom agter hoofafrigter Steve Borthwick ondanks agtereenvolgende nederlae teen Skotland, Ierland en Italië in die Sesnasieskompetisie. Die unie se uitvoerende hoof, Bill Sweeney sê Engeland se veldtog sal deeglik ondersoek word na Saterdag se laaste wedstryd teen Frankryk in Parys. Borthwick sê hy is steeds…
9 Mar 11AM 1 min

Koedoebul met 1,7m horinglengte haal N$4,5 miljoen op veiling

Hierdie naweek se hibriede wildveiling in Windhoek het Namibiese rekords vir wildveilingsverkope gebreek. 'n Gemsbok het vir 3,1 miljoen Namibiese dollar gegaan, terwyl 'n koedoebul 'n rekordprys van 4,5 miljoen bereik het. Die koedoebul uit die Gobabis-gebied het met 'n horinglengte van 68 duim, meer as 1,7 meter vorige rekords…
9 Mar 10AM 1 min