Operasies by Steve Biko uitgestel oor lugversorging

Loading player...
Die DA in Gauteng eis dat die provinsiale Departement van Gesondheid dringend die lugversorging in die Steve Biko Hospitaal in Pretoria moet laat regmaak. Die party sê pasiënte is hewig ontsteld omdat chirurgie vir meer as 'n maand vertraag is weens voortdurende probleme met die lugversorging in operasiesale. Talle angstige familielede van pasiënte het die DA-lid, Jack Bloom, gekontak omdat hul geliefdes erge pyn en ongemak ervaar terwyl hulle wag vir hul operasies:
8 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Toerisme reageer op Dooievlei beperkings

Reaksie word ontvang op die omgewingsministerie wat pendel tussen die Sossusvlei 2x4-parkeerarea en die 4x4-parkeerarea by die Dooievlei beperk het. Toer operateurs is erg ontstoke oor dié verwikkeling en spreek hulle kommer uit oor die besluit. Toergids Joseph Kafunda het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die regering melk…
16 Apr 12AM 1 min

Omusati-bestaansboere is keelvol vir olifante

Inwoners van Omusati sê troppe olifante vernietig sedert verlede maand gewasse en beskadig huise in verskeie dorpies reg oor die Okahao-, Tsandi- en Onesi-kiesafdelings. Boere rapporteer dat hulle oornag mahangu, mielies verloor het, wat sommige sonder 'n oes laat, en sê die 2 000 Namibiese dollar-vergoeding per mahangu-land is nie…
16 Apr 12AM 1 min

Gauteng moet BKS-plan skep - DA

Die DA in Gauteng het 'n mosie in die Gautengse provinsiale wetgewer ter tafel gelê om die uitwerking van bek-en-klouseer op boere en voedselsekerheid te bespreek. Die DA-woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, eis 'n duidelike inentingsplan en 'n openbare inligtingspaneelbord om gevalle op te spoor. Die mosie versoek ook die LUR, Vuyiswa…
15 Apr 11PM 1 min

Withuis bevestig planne om onderhandelings met Iran te hervat

Die Withuis sê dat berigte dat die VSA versoek het om die wapenstilstand met Iran, wat volgende week sal verstryk te verleng, nie waar is nie. Planne om vredesonderhandelinge te hervat is egter steeds "produktief en aan die gang”. Withuis perssekretaris Karoline Leavitt het by 'n mediasessie gesê planne vir…
15 Apr 11PM 1 min