Swakker rand hupstoot vir Namibiese uitvoere

Loading player...
Die oorlog in die Midde-Ooste is besig om globale ekonomiese gevolge te hê weens die stygende olieprys en, nader aan die huis, die Suid-Afrikaanse rand wat erg verswak het teen die Amerikaanse dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Roelof Botha gepraat, ekonomiese adviseur vir die Optimum Groep, wat sê daar kan 'n positiewe uitkoms wees vir Namibiese uitvoere, maar daar is ook kommer.
8 Mar 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Graad gevang ... wat nou?

Die tersiêre onderwyslandskap vier duisende nuwe gegradueerdes, soos die meer as 4 000 wat vandeesweek by Unam graad gevang het, en van ander instellings. Die vieringe word egter getemper deur die harde werklikheid van gegradueerdes wat sukkel om werk te kry, waarvan baie vir jare na graduering vassteek. Kosmos 94.1…
30 Apr 6AM 1 min

Namfisa sê oor NHP-ondersoek

Namfisa ondersoek die Namibia Health Plan na 'n vlaag van diensontwrigtings en betalingsagterstande. Die probleme het op 1 April begin nadat die fonds sy bestuur na Universal Care oorgeskakel het. Met gesondheidsorgverskaffers soos tandartse en fisioterapeute wat massiewe onbetaalde eise rapporteer, het sommige verenigings reeds direkte betaling van pasiënte begin…
30 Apr 6AM 1 min

Transworld Cargo beplan tweede besending avo's na Nederland

Na die suksesvolle uitvoer van 400 ton vars avokadopere vanaf Zambië na Rotterdam in Nederland, is daar nog ‘n pluimpie vir TransWorld Cargo. Na die eerste besending ooit middel-Maart suksesvol na die Walvisbaai-hawe uitgevoer is, is ‘n tweede besending nou in die pyplyn. Fritz Kaufmann, TransWord Cargo se besigheid-ontwikkelings bestuurder…
30 Apr 6AM 1 min

Brent klim met 17% in afgelope week

Brent ru-olie het in die afgelope week met meer as 17 persent gestyg en terwyl die kommoditeit effe teruggesak het na 112 Amerikaanse dollar ‘n vat, het dit vroeë meer as 120 dollar bereik. Namibiese bestuurders sit op hete kole in afwagting op die Mei-brandstofprys wat volgende week in werking…
30 Apr 5AM 1 min

Kommer oor xenofobie wat toeneem in SA

Die regering doen 'n beroep op die publiek om onwettige aktiwiteite by wetstoepassingsowerhede aan te meld en nie die wet in eie hande te neem nie. Die pleidooi volg na voortgesette openbare aktiwiteite oor die onwettige immigrante-kwessie, insluitend protesoptogte deur die anti-onwettige migrasiegroep March and March. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi…
30 Apr 5AM 1 min