Cran spreek e-afval aan in nasionale veldtog

Loading player...
Namibië staar 'n toenemende uitdaging van elektroniese afval, of e-afval en plastiekbesoedeling in die gesig. Namate tegnologie vinnig vorder en verbruikersvraag na elektroniese toestelle groei, neem die volume weggegooide elektronika wat gevaarlike stowwe bevat wat beide die omgewing en openbare gesondheid bedreig, toe. Cran het die dringendheid van hierdie kwessie erken en saam met Hulina Offshore Energy 'n nasionale bewusmakingsveldtog van stapel gestuur. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano...
6 Mar 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

TLU SA steun Solidariteit met sektorkodes

Die landbou-organisasie TLU SA het steun uitgespreek vir die vakbond Solidariteit wat sektorkodes vir swart ekonomiese bemagtiging in die regsberoep in die Hooggeregshof in Pretoria betwis. Die organisasie waarsku soortgelyke reëls kan in landbou en ander nywerhede ekonomiese groei benadeel en onsekerheid skep. Bennie van Zyl van TLU SA sê…
9 May 6AM 1 min

Phala Phala: Ramaphosa moet bedank, eis Malema

Die EFF-leier, Julius Malema, sê president Cyril Ramaphosa moet bedank nadat die Konstitusionele Hof die Parlement se ampsklagte-reël ongrondwetlik verklaar het in die Phala Phala-diefstalsaak. Hy sê die saak is ernstig en moenie polities wees nie. Malema vra die Parlement om dringend voort te gaan ondanks die streng bepalings wat…
9 May 4AM 1 min

Ultimate Safaris nou 'ultimate.earth'

Ultimate Safaris staan nou bekend as “ultimate.earth”. Volgens die besturende direkteur, Tristan Cowley, weerspieël die nuwe identiteit die maatskappy se groeiende toewyding aan bewaring, gemeenskapsbemagtiging en doelgerigte reise regoor Afrika.
9 May 4AM 1 min

Dis Rooi Saterdag: Gaan skenk bloed!

Die Bloedoortappingsdiens doen 'n dringende beroep op alle Namibiërs om vandag se Rooi Saterdag-bloedskenkingsklinieke te ondersteun, aangesien nasionale bloedvoorraadvlakke steeds daal. Gesonde burgers tussen die ouderdomme van 16 en 70, wat minstens 50-kilogram weeg en aan die skenkingsvereistes voldoen, word aangemoedig om by klinieke in Windhoek, Oshakati en Walvisbaai te…
9 May 3AM 1 min

Tuinroete steier onder weeraanslag

Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê noodleniging en skuilingspogings duur voort in die streek terwyl verskeie gemeenskappe steeds deur uiterste weerstoestande geraak word. Woordvoerder Herman Pieters sê rivier- en damvlakke in die gebied is besig om stadig te sak namate watervlakke begin daal. Hy sê die Suid-Kaapse Weerdiens voorspel nog…
9 May 1AM 1 min