Die Namibiese polisie werf 1 000 kadetkonstabels maar ‘n slenter het reeds sy kop uitgesteek. Aansoekers sonder 'n kriminele rekord kan aansoeke teen 13 Mei via hul naaste polisiestasie indien. Meer besonderhede is op NamPol se Facebook-blad en webwerf. Nampol-woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat…
Die adjunkminister van Verdediging en Militêre Veterane en UDM-leier, Bantu Holomisa, het volle vertroue in Roelf Meyer as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in Amerika. Die 78-jarige voormalige Nasionale Party-politikus het 'n sleutelrol gespeel in die onderhandelinge wat tot die einde van apartheid gelei het, en het ook gedien in die…
Die One Economy stigter, en derde eerste vrou van Namibië, Monica Geingos wat deur Antonio Guterres aangestel was as 'n VN-volhoubare ontwikkelingsdoelwit-voorstander het onlangs op 'n BeFree-potgooi gesels oor die VN-doelwitte wat teen 2030 bereik moet word. Sy het die doelwitte in die Namibiese konteks uiteengesit en het gepraat van…
Volgens FNB het Suid-Afrika se mynbousektor sterk groei in Februarie aangeteken, met 'n styging op 'n jaargrondslag van 9,7-persent. Die toename is hoofsaaklik gedryf deur 'n skerp styging in die produksie van platinumgroepmetale, tesame met winste in chroom, mangaan en goud. Die ekonoom, Thanda Sithole sê hoewel produksie maandeliks gegroei…
Die Namibiese Natuurstigting is steeds besig met 'n studie om groenseeskilpad-bevolkings by die Kunene-riviermond te ondersoek. Voorlopige tellings het minstens 60 tot 70 groenseeskilpaaie binne slegs 500 meter van die riviermonding aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met navorser Francois Theart gepraat wat sê hierdie telling dui daarop dat die gebied…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.