Vroue moet meer sake-ondersteuning ontvang

Loading player...
Terwyl die wêreld Internasionale Vrouedag op 8 Maart vier, word die finansiële sektor aangespoor om te heroorweeg hoe dit vroue in die sakewêreld ondersteun. Connie-Marlene Theyse, Access Bank se uitvoerende hoof van korporatiewe bankwese, sê vanjaar se wêreldwye fokus op #GiveToGain moet verder as viering en na konkrete aksie beweeg. Theyse sê strukturele hindernisse in bankwese moet aangespreek word, veral tradisionele risikomodelle wat vroue kan benadeel.
6 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hegseth veroordeel teenkanting teen Iran-oorlog

Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê president Donald Trump se administrasie herbou ʼn weermag waarop Amerikaners trots kan wees; een wat vrees by sy vyande en die grootste vertroue by sy bondgenote inboesem. Hy het gister voor die Huis-komitee vir Gewapende Dienste verskyn. Hegseth veroordeel teenkanting teen die…
30 Apr 4AM 1 min

Kaapstad kondig streng verkeermaatreëls aan vir marathon

Die Stad Kaapstad het parkeerbeperkings en padsluitings aangekondig voor volgende maand se Kaapstad-marathon. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê 'n motorvrye roete is belangrik as deel van die wedloop se poging om deel te word van die Wêreldmarathon-hooftoernooie. Hy sê sleutelgebiede, insluitend die middestad, Atlantiese kusgebied en…
30 Apr 4AM 1 min

BP wil drie Walvis-blokke alleen eksploreer

Die plaaslike regsfirma SNC Incorporated het die Britse olie- en gasmaatskappy, BP, geadviseer oor hul ooreenkoms om 'n 60 persent bedryfsbelang in drie aflandige petroleum-eksplorasielisensies in die Walvis-kom, naamlik PEL97, PEL99 en PEL100, van Eco Atlantic Oil & Gas te verkry. Shakwa Nyambe van SNC Incorporated het aan Kosmos 94.1…
30 Apr 3AM 1 min

Amerikaanse rentekoers onveranderd gelaat

Amerika se Federale Reserwe het besluit om die derde keer vanjaar rentekoerse onveranderd op 3,5- tot 3,75-persent te hou. Die sentrale bank hou rentekoerse bestendig, en skryf dit toe aan onsekerheid oor die Trump-administrasie se beleid en die konflik in die Midde-Ooste. President Trump het herhaaldelik ʼn beroep op die…
30 Apr 3AM 1 min

Gevangenis boer vooruit

Die plaas van die Divundu-gevangenis in Kavango-Oos het 'n opbrengs van 14 miljoen Namibiese dollar in die vorige seisoen gelewer. Die plaas verskaf produkte aan al 14 korrektiewe fasiliteite in die land. In die 2024-25 seisoen het die plaas sowat 1 446,8 metrieke ton mielies geoes teen 'n gemiddeld van…
30 Apr 2AM 1 min