Die landbou-organisasie TLU SA het steun uitgespreek vir die vakbond Solidariteit wat sektorkodes vir swart ekonomiese bemagtiging in die regsberoep in die Hooggeregshof in Pretoria betwis. Die organisasie waarsku soortgelyke reëls kan in landbou en ander nywerhede ekonomiese groei benadeel en onsekerheid skep. Bennie van Zyl van TLU SA sê…
Die EFF-leier, Julius Malema, sê president Cyril Ramaphosa moet bedank nadat die Konstitusionele Hof die Parlement se ampsklagte-reël ongrondwetlik verklaar het in die Phala Phala-diefstalsaak. Hy sê die saak is ernstig en moenie polities wees nie. Malema vra die Parlement om dringend voort te gaan ondanks die streng bepalings wat…
Ultimate Safaris staan nou bekend as “ultimate.earth”. Volgens die besturende direkteur, Tristan Cowley, weerspieël die nuwe identiteit die maatskappy se groeiende toewyding aan bewaring, gemeenskapsbemagtiging en doelgerigte reise regoor Afrika.
Die Bloedoortappingsdiens doen 'n dringende beroep op alle Namibiërs om vandag se Rooi Saterdag-bloedskenkingsklinieke te ondersteun, aangesien nasionale bloedvoorraadvlakke steeds daal. Gesonde burgers tussen die ouderdomme van 16 en 70, wat minstens 50-kilogram weeg en aan die skenkingsvereistes voldoen, word aangemoedig om by klinieke in Windhoek, Oshakati en Walvisbaai te…
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê noodleniging en skuilingspogings duur voort in die streek terwyl verskeie gemeenskappe steeds deur uiterste weerstoestande geraak word. Woordvoerder Herman Pieters sê rivier- en damvlakke in die gebied is besig om stadig te sak namate watervlakke begin daal. Hy sê die Suid-Kaapse Weerdiens voorspel nog…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.