NamRA, belanghebbers vat grensbestuur vas

Loading player...
NamRA het ‘n raamwerk vir gekoördineerde grensbestuur met belangrike staatsinstellings, insluitend die polisie, haweowerheid, verskeie ministeries en die Lewendehawe en Lewendehawe Produktetaad onderteken. Die raamwerk versterk samewerking tussen grensagentskappe deur meganismes soos gesamentlike inspeksies, gekoördineerde beheermaatreëls en gestruktureerde inligtingdeling. NamRA-kommissaris Sam Shivute sê dit is belangrik vir belanghebbendes om saam te werk.
5 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gayton McKenzie sê hulle sal nie stem vir staat van beskuldiging nie

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die Patriotic Alliance sal nie stem om president Cyril Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging te plaas nie. Die Parlement het ʼn ampsklagkomitee van 31 lede aangestel om te bepaal of hy sy ampseed oortree het. Dit hou verband met…
20 May 5AM 1 min

Meeste mense ooit ly honger regoor die wêreld

Die Global Partnership-konferensie in Londen bring lande van oor die hele wêreld bymekaar om nuwe vennootskappe te bou terwyl die krisis in die Midde-Ooste steeds verwoesting saai op globale energie- en voedselsekerheid. Die Wêreldvoedselprogram beraam dat byna 45 miljoen meer mense in akute voedselonsekerheid kan verval as die konflik nie…
20 May 5AM 1 min

#BeFree bring innoverende oplossings vir GBV

Pogings om geslagsgeweld te bekamp duur plaaslik voort. Die One Economy-stigting het die #BeFreeBallers: Next Gen Men"-geleentheid in Windhoek aangebied om die Internasionale Dag van die Seun te vier. Plaaslike leiers, mentors en finansiële bestuurders het by die #BeFree Jeugkampus bymekaargekom om oop gesprekke met jong mans oor konstruktiewe manlikheid…
20 May 3AM 1 min

DA het kommer oor toenemende vertragings in operasies in Gauteng

Die DA in Gauteng sê meer as 3 000 operasies is sedert Januarie verlede jaar by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg gekanselleer. Volgens die party is een uit elke vier geskeduleerde operasies afgelas, wat pasiënte met lang vertragings en groeiende agterstande laat. Jack Bloom van die DA sê…
20 May 3AM 1 min

Skole in die Wes-Kaap loop deur onder misdadigheid

Die DA in die Wes-Kaap doen 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly en misdadigheid by skole aan te meld. Dit volg na 'n toename in vandalisme en diefstal by skole regoor die provinsie, insluitend 'n onlangse inbraak by Sir Lowry's Pass Laerskool, waar die diefstal van toerusting en…
20 May 3AM 1 min