
Regering doen wat hy kan om Namibiërs uit Midde-Ooste te ontruim
Loading player...
Volgens die internasionale betrekkinge ministerie is daar 'n paar Namibiërs in die Midde-Ooste. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het vandag in Windhoek gesê die regering is in kontak met Namibiërs in Bahrein, Oman en Israel, met getalle wat wissel namate meer mense kontak maak. Sy verduidelik dat die regering in samewerking met ander Afrika lande hul bes doen om inwoners trug Namibië toe te bring.

