
Twee Britte sterf in vliegtuigongeluk naby Gobabeb
Loading player...
‘n Ligte vliegtuig het ongeveer 100km vanaf Walvisbaai in die rigting van Gobabeb neergestort. Dit is 'n tipe ultraligte of ligte-sportvliegtuig wat vervaardig word deur die Italiaanse maatskappy Groppo Aviazione. Hafeni Mweshixwa van die direktoraat van vliegtuigongeluk- en voorvalondersoeke het 'n opdatering oor die sterfgevalle.

