ITB Berlin sluit vandag af, Namibië goed bemark

Loading player...
Die ITB Berlin, een van die wêreld se grootste toerismeskoue, sluit vandag af en Namibië is goed verteenwoordig. Byna 6 000 uitstallers van meer as 160 lande het duisende besoekers hanteer. Die Namibiese Toerismeraad het die nasionale paviljoen gelei, ondersteun deur 'n verskeidenheid plaaslike toerisme-ondernemings en toeroperateurs. Elzanne McCulloch, die besturende direkteur van Venture Media wat ook by die skou verteenwoordig is, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
4 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Moenie beeldmateriaal van ongelukke deel nie - NamPol

Beeldmateriaal van 'n ongeluk by die Langstrand-afdraai op die B2-pad waarin twee mense dood is doen tans die rondtes op sosiale media. Die Namibiese polisie se hoof van die verkeersdepartement, kommissaris Petrus Swartz, doen 'n beroep op Namibiërs om nie beeldmateriaal van ongelukstonele te versprei nie. Hy waarsku streng daarteen…
20 May 6AM 1 min

ASYCUDA vertraag ook by Namport

Kosmos 94.1 Nuus ontvang klagtes oor NamRA se ASYCUDA-stelsel. Nie by grense nie maar ook by die hawe in Walvisbaai. Volgens berigte is daar vertragings met die sisteem wat veroorsaak dat die vloei van vrag belemmer word. Skepe kan nie by die hawe aandoen vir aflaai nie weens die vertragings…
20 May 6AM 1 min

IAEA-verslag oor insitu-loging... ons mag nog nie weet nie

Die omgewingsminister het die finale verslag ontvang van die Internasionale Atoomenergie-agentskap oor die beplande insitu-loging mynaktiwiteit deur Headspring Investments in die Stampriet-bekken. Kommer is deur lede van die publiek en die SAUMA-groep uitgespreek van die moontlike besoedeling van die kritieke waterbron. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die…
20 May 6AM 1 min

Gayton McKenzie sê hulle sal nie stem vir staat van beskuldiging nie

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die Patriotic Alliance sal nie stem om president Cyril Ramaphosa in ʼn staat van beskuldiging te plaas nie. Die Parlement het ʼn ampsklagkomitee van 31 lede aangestel om te bepaal of hy sy ampseed oortree het. Dit hou verband met…
20 May 5AM 1 min