Die plaas van die Divundu-gevangenis in Kavango-Oos het 'n opbrengs van 14 miljoen Namibiese dollar in die vorige seisoen gelewer. Die plaas verskaf produkte aan al 14 korrektiewe fasiliteite in die land. In die 2024-25 seisoen het die plaas sowat 1 446,8 metrieke ton mielies geoes teen 'n gemiddeld van…
Statistieke Suid-Afrika sê sakelikwidasies het in Maart toegeneem. Die totale aantal likwidasies het op 'n jaargrondslag met 15-persent, van 127 tot 146 gevalle, gestyg. Die styging is gedryf deur hoër getalle van beide beslote korporasies en maatskappye wat gesluit is. Onica Mushwana van Statistieke SA sê in Januarie en Maart…
Twee Joodse mans is in die Golders Green-gebied van Noord-Londen met 'n mes gesteek, wat die polisie amptelik as 'n terroriste-voorval verklaar het. Die slagoffers, 76- en 34-jaar oud, is in 'n bestendige toestand in die hospitaal. Hierdie voorval volg op 'n vlaag antisemitiese aanvalle in Brittanje. Die hoof van…
Reaksie word ontvang op die besluit van die Verenigde Arabiese Emirate om Opul op 1 Mei te verlaat, 'n knou vir die olieproduserende groep wat poog om die olieprys te beheer. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gesels, wat sê dit is goeie nuus vir petroleum-invoerlande…
Hoe om jouself nie bankrot te maak met al die vakansiedae nie. Vakansiedae is lekker maar duur. Old Mutual Namibia het raad daarvoor. Ashante Manneti, Old Mutual se stigting en kleinhandel bemarkingsbestuur gee raad.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.