
McPherson eis ondersoek na Ormonde-gebou
Loading player...
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean McPherson, sê die ineenstorting van die gebou in Ormonde, suid van Johannesburg, het weereens die basiese uitdagings ontbloot in die manier waarop die bou-omgewing in Suid-Afrika gereguleer word. Nege mense is Maandagmiddag dood toe ’n betonblad tussen twee verdiepings van ’n gebou in aanbou, ingestort het. McPherson sê ’n deeglike ondersoek moet uitgevoer word om die feite te bepaal en skuldiges aanspreeklik te hou:

