
ActionSA het gehoop Cyril sou verhoging self van die hand wys
Loading player...
ActionSA sê die regering van nasionale eenheid waarsku landsburgers gedurig om hul sente om te draai, maar die uitvoerende gesag en president weier om ’n voorbeeld te stel. Dit volg nadat die Nasionale Vergadering ’n salarisverhoging van 3,8-persent vir president Cyril Ramaphosa goedgekeur het. Athol Trollip van ActionSA sê terwyl dit skynheilig is dat parlementslede die salarisvoorstel verwerp terwyl hulle dieselfde ontvang, het hulle gehoop Ramaphosa sal dit self van die hand wys:

