Welvaart: Tyd is jou grootste bate

Loading player...
Jongmense word aangemoedig om vroeg te begin spaar om 'n beter finansiële toekoms te verseker. Finansiële kenners sê jong volwassenes het hul grootste voordeel in welvaartbou nie in hoë salarisse nie maar in tyd. Christopher Freygang, welvaartbestuurder by Old Mutual Namibia, sê om leefstylinflasie te vermy, onder jou vermoë te leef en gereelde beleggings is die fondasie vir langtermyn stabiliteit en vryheid.
3 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nasionale Rekeninge Donderdag bekend

Namibië se ekonomiese telkaart kom in fokus met die Namibiese Statistieke-agentskap wat môre sy 2025 Nasionale Rekeninge sal vrystel, wat sleutelaanwysers soos BBP-groei, staatsskuld en die lopende rekening sal openbaar. Woordvoerder Mirjam Shihepo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die data sal 'n volledige beeld gee van hoe die ekonomie…
24 Mar 11PM 1 min

Wes-Kaap brei bewaringsgebiede uit

Die Wes-Kaapse regering het meer as 81 700 hektaar by sy beskermde gebiede gevoeg, en meer as 20 nuwe natuurreservate regoor die provinsie geskep. Die nuwe reservate strek oor streke soos die Sederberg, Agulhasvlakte, Klein Karoo en die Tuinroete. Luke Folb van CapeNature sê die nuwe reservate help om wildlewe…
24 Mar 11PM 1 min

Oekraïne-oorlog word al dodeliker: VN

Die Verenigde Nasies waarsku hoe langer die Rusland-Oekraïne-oorlog voortduur, hoe dodeliker word dit. Sedert Rusland sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022 van stapel gestuur het, is 15 364 burgerlikes dood, insluitend 775 kinders, en meer as 42 000 mense is beseer. Ten minste 188 burgerlikes is in Februarie dood…
24 Mar 11AM 1 min

McCullum bly aan as Engeland krieket-afrigter

Krieket: Die Engelse- en Wallis-krieketraad het 'n regmerkie gegee vir die bestuurspan van die hoofafrigter, Brendon McCullum, die kaptein, Ben Stokes, en die direkteur van krieket, Rob Key, ná 'n interne hersiening van die reeks om die As. Engeland het met 1-4 die onderspit gedelf in die reeks teen Australië…
24 Mar 11AM 1 min