Mugabe Jnr. se borgaansoek weer uitgestel

Loading player...
Die Alexandra-landdroshof in Johannesburg het die borgtogaansoek van die seun van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe, Bellarmine, en sy medebeskuldigde, Tobias Mugabe Matonhodze, tot Donderdag uitgestel weens uitstaande dokumente en kragprobleme. Die twee word aangekla van poging tot moord en regsverydeling na 'n skietvoorval by hul huis in Hydepark. Die advokaat vir die verdediging, Sinenhlanhla Mnguni, sê hulle is gereed om met die saak voort te gaan:
3 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vhungu Vhungu het alle landerye aangeplant, verwag groot mielie-oes

Die bestuurder van die Vhungu Vhungu-groenskema in die Kavango Oos-streek, Floris Smith, sê hy sal na verwagting tussen 1 900 en 2 000 metrieke ton mielies gedurende die huidige seisoen oes, ten spyte van terugslae wat veroorsaak is deur uitdagings met elektrisiteitsvoorsiening en windstormskade aan mielies en twee besproeiingspilpunte verlede…
20 May 7AM 1 min

Chikane getuig oor marteling voor versoeningskommissie-ondersoek

Die teen-apartheidsaktivis eerwaarde Frank Chikane sê hy moes baie verduur onder die hand van apartheidsera-veiligheidstakbeamptes. Hy het gister voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig, wat vertragings in die vervolging van apartheidsera-misdade ondersoek. In 1989 het hy vergiftiging deur staatsagente oorleef terwyl hy as die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van…
20 May 7AM 1 min

Moenie beeldmateriaal van ongelukke deel nie - NamPol

Beeldmateriaal van 'n ongeluk by die Langstrand-afdraai op die B2-pad waarin twee mense dood is doen tans die rondtes op sosiale media. Die Namibiese polisie se hoof van die verkeersdepartement, kommissaris Petrus Swartz, doen 'n beroep op Namibiërs om nie beeldmateriaal van ongelukstonele te versprei nie. Hy waarsku streng daarteen…
20 May 6AM 1 min

ASYCUDA vertraag ook by Namport

Kosmos 94.1 Nuus ontvang klagtes oor NamRA se ASYCUDA-stelsel. Nie by grense nie maar ook by die hawe in Walvisbaai. Volgens berigte is daar vertragings met die sisteem wat veroorsaak dat die vloei van vrag belemmer word. Skepe kan nie by die hawe aandoen vir aflaai nie weens die vertragings…
20 May 6AM 1 min