Tipe toeris wat Namibië besoek het verander

Loading player...
Namibië maak baie staat op toerisme, veral in verband met werkskepping en bewaring. Groepoperateurs was altyd ‘n uiters belangrike aspek van veral internasionale besoekers maar, dit begin verander met individuele en onafhanklike reis wat al hoe meer gewild raak. Die Namibiese Toerismeraad se woordvoerder Flora Quest het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor aanpassings aan stelsels wat nou belangrik raak.
3 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Salah groet Liverpool

Liverpool se voorspeler Mohamed Salah het aangekondig dat hy aan die einde van die seisoen die klub sal verlaat, wat 'n merkwaardige hoofstuk van nege jaar beëindig. Die 33-jarige internasionale speler van Egipte se nuwe tweejaarkontrak gaan met 'n jaar verkort word nadat hy dit reeds in April onderteken het…
25 Mar 1AM 1 min

Misa ondersteun strenger dronkbestuur-strawwe

Die Motorbedryf-personeelvereniging ondersteun die minister van vervoer, Barbara Creecy, se oproep vir strenger strawwe vir dronkbestuurders. Creecy sê enigiemand wat drink en noodlottige ongelukke veroorsaak, moet van voorbedagte moord aangekla word, wat tot lewenslange tronkstraf kan lei. Sy het ook meer padblokkades, opvoedingsveldtogte en optrede teen onpadwaardige voertuie voor Paasfees…
25 Mar 1AM 1 min

‘Verdag dat Herunga nie oor Rusland-bewerings wil dagvaar nie’

Bewerings dat Rusland Swapo gehelp het om tydens die laaste verkiesings te wen, bly in die nuus. Hierdie keer sê die IPC se skadu-handelminister, Rodney Cloete, dit is verdag dat Swapo se adjunk-sekretaris-generaal, Uahekua Herunga, sê hy sal nie regstappe doen nie, na bewerings dat hy miljoene dollar van Russiese…
25 Mar 1AM 1 min

Behalwe vir brandstofprys, sal daar 'n heffing kom vir vervoer deur seestraat

Suid-Afrikaanse motoriste maak gereed vir skerp brandstofprysverhoging in April. Die jongste brandstofprysvoorspelling van die land se Sentrale Energiefonds wys dat 95-oktaan petrol met meer as 5 Suid-Afrikaanse randkan styg. Die Brandstofbedryfvereniging van Suid-Afrika het reeds kommer uitgespreek oor die bekostigbaarheid van brandstof in die komende maande. Kosmos 94.1 Nuus het…
25 Mar 12AM 1 min

Samherji het geen respek vir Afrikane nie - Metcalfe

Die Yslandse visreus Samherji het nie gereageer op 'n versoek om uitbetalings vir ongeveer 252 Namibiese vissers wat hul werk verloor het toe Samherji in 2020 gestaak het na die Fishrot-skandaal nie. Die prokureursfirma Metcalfe Beukes Attorneys het aan die Yslandse vismaatskappy Samherji geskryf en vergoeding vir die werkers geëis,…
25 Mar 12AM 1 min