
'Onwaarskynlik' dat Moskou in Iran betrokke sal raak
Loading player...
Die oorlog tussen Amerikaanse en Israeliese magte teen Iran kring steeds uit. China se buitelandse sake-minister, Wang Yi, het vandag in 'n oproep aan sy Iraanse eweknie gesê Beijing ondersteun Teheran om homself teen die aanvalle te verdedig. Russiese president Vladimir Putin het ook 'n telefoongesprek met Koning Hamad bin Isa Al Khalifa van Bahrein oor die situasie gehad. Sky News se Moskou-korrespondent Ivor Bennett doen verslag.

